Francois Van Coke - Hulle Sê lyrics

Published

0 298 0

Francois Van Coke - Hulle Sê lyrics

Hulle sê jy moet jou hand opsteek en vorentoe kom As jy die sleutels tot die hemel wil hê Hulle sê jy moet hard vir iemand anders werk Want 'n werk is 'n werk Hulle sê jy moet spaar vir jou ou dag Jy moet jou testament in orde hê Hulle sê jy moet skuld maak om nog skuld te maak Om kinders wat jou haat in 'n sekuriteitskompleks groot te maak Ek voel 'n fok vir wat die mense sê Ek voel 'n fok vir wat die ander mense sê Kop op 'n blok Praat 'n gat in my kop Ek voel 'n fok vir wat die ander mense sê Hulle sê ons is mal Hulle sê Hulle sê Ons moet ons sondes belei Ophou soos diere baklei Maar hulle weet nie Dat dit ons jags maak om mekaar te toets nie Dat ons allergies is vir roetine se roes Hulle sê jy moet jou drome beperk En realisties oor jouself wees Ek het gedog ek sou al dood wees Maar nou wil ek net nog van jou hê Solank jy môremiddag as ek wakker word nog langs my lê Voel ek, ek het my tyd en energie wys belê In iets wat tasbaar is met brein en derms Geen inknommers op papier Of op dot-matrix skerms Die sigaret is in jou baadjiesak, né? Ek voel 'n fok vir wat die ander mense sê