Foto Na Dans - Dowwe blou beleid lyrics

Published

0 81 0

Foto Na Dans - Dowwe blou beleid lyrics

Verlaat die stad en reageer op blou Ons is konstant omring met 'n landskap wat jou Onverwags saamsleep En wyse bome wat hier reg voor jou ontvou Hier sluimer en daar versigtig versteek In seer lê daar gewoonlik Besit van 'n heimlike verhaal 'n boodskap vol kleure en potensiaal Bekroon die wagter Wie ons nader gaan lei Aan volmaaktheid Waar ons mekaar weer sal vermy In sy struikel na onder sien hy iets verbyflits Dryf in wonder die figuur wat hy vermis Duidelik gekry verblind in wonder Argeloos verdwaal Onbetwis Met pen en papier probeer hy beskryf Hoe ons net verder weg gaan dryf Verlate gekyk aan 'n oorywerige Oorwaande beswyk Teen 'n groot rooi muur het sy gesit en kreun Verwyderd en soms sielalleen Sensitief jou dowwe blou beleid Deur an*le uitgesluit Teen 'n groot rooi muur het sy gesit en kreun Ver verwyderd en stoksielalleen Teen 'n groot rooi muur het sy gesit en kreun Ver verwyderd emosies versteen Ek hoor jou nie Ons hoor jou nie Met pen en papier probeer hy beskryf Hoe ons net verder weg sal dryf Verlate gekyk, huiwerig Oorborge beswyk Verstoteling Eens verboei 'n Ontmoeting enig in sy soort Verewig hierdie besef Wat ons van mekaar sal hê