Fokofpolisiekar - B2CY lyrics

Published

0 131 0

Fokofpolisiekar - B2CY lyrics

In Bellville Op die strate Niks om te doen op Woensdae-aande Het gesê ek sal nie kak aanjaag nie Lê my kop neer Wil nie ophou raas nie Dit was Woensdagaand, 27 April, 1994 Hy was 13 jaar oud Naïef en onbewus Maar ja … Jy behoort te weet jy kon my enige tyd In die middel van die nag By die vulstasie kry ’N leë coke-bottel vol petrol [ Vlam-pentagram Skool-sportgrond Band-name Knipmes Skoolbank Daar was verandering in die lug Die velkleur van beheer Was die enigste verandering Harde negatiewe musiek Het my lewe gered Dit hou my kalm Soos ’n landmyn Ek bly Nou’s ek stil soos ’n bom Ek onthou Desembervakansie wat nooit ophou nie My ontwikkeling is onder huisarres Ons suip en naai net nie meer in parkies nie En gaan net kerk toe as daar ’n begrafnis is Band-name Knipmes Skoolbank Dit sal nog steeds daar wees onder al die vernis Verandering is die enigste konstante Whatever Die verkeersligte hou ons dop soos ou-regime robotte Agter in tuine buig slap gerookte nekke in wendy-huise vooroor Tussen die gras wat kniehoogte is wat maagdevliese soos knipmesse insluk Is daar niks om te doen nie