Fokofpolisiekar - Tieneraksie Einde lyrics

Published

0 118 0

Fokofpolisiekar - Tieneraksie Einde lyrics

Tiener angs is 'n hoe muur om teen uit te klim, net om weer vas te sit in die hakkiesdraad wat die naiwiteit is. Dit raas al fokken jare! Wit kinders van Afrika, dankbaar wees dat jul nog leef. Wat maak jul hier en waar kom jul vandaan? Ek neem aan dat ek altyd aleen sal staan. Dis makliker om mense so, in die oë te te staar. Die weer is plesierig hier. Daars net geen plek vir my, om my kop neer te lê nie. Selfmoord het baie van ons weggedra, drank en die duiwel het gesorg vir die res. Ma**iewe koopkrag, maar wanaangepas. Viva! Viva die middelklas! Die waarheid lê daar buite! Maar al die leuens, bly hier binne in ons, kwaadaardige gewas. Ek neem aan dat ek altyd alleen sal staan. Dis makliker om mense so, in die oë te staar. Die weer is plesierig hier. Daars net geen plek vir my, om my kop neer te lê nie...