Dewald Wa**erfall - Weg Van Die Ligte lyrics

Published

0 62 0

Dewald Wa**erfall - Weg Van Die Ligte lyrics

Ek voel partykeer die wêreld moet ophou draai Want ek wil af Voel jy ook soms dis te vinnig te veel ? En as ek moet eerlik wees Ek kon nog nooit verstaan Dié gejaag na wind En ek wens partykeer Ek kon dit als weer begin Deur die oë van ’n kind So gee my ’n plek vêr weg van die ligte En hou my net weg van al die gesigte Wat staar vir my En maak of hulle weet wie ek is Weg van die ligte Hou my net vas voor jy gaan en verstaan dit is al Wat ek wil hê En dalk net ’n plek by die see met ’n bosveldvuur Die realitieit is die tyd is te min om te wil Staan ek baklei En ek’s hier gebore Maar voel soms verlore Tog tuis, waar ek my paspoort wys En laat my nooit vergeet waar ek vandaan kom nie Hou my net naby die aarde dat ek jou kan sien Skyn deur al my donker asof ek dit verdien Jy’s al wat my die lig laat sien So gee my ’n plek waar ek weer kan mens raak Iewers waar ek voel alles weer sin maak En spaar vir my Dat ek net kan onthou wie ek is Weg van die ligte