Dewald Wa**erfall - 'n Brandewyn Weg Van Beautiful lyrics

Published

0 59 0

Dewald Wa**erfall - 'n Brandewyn Weg Van Beautiful lyrics

Een aand by die bar het ons lekker gekuier Gratis drank is op die spel, hoe kan ons dit nou weier ? Dis daai tyd van die aand wanneer jy begin spesiaal raak Ek bel toe my pêl vir ’n yskoue bier Hy’s die tipe ou wat slaap wanneer hy moet bestuur Hy’s ’n klein bietjie vaak, maar dis wat hom spesiaal maak En kan niemand meer van hom hou nie ? Hy’s nie die tipe ou wat rockets kan bou nie En hy’s ’n brandewyn weg van beautiful vanaand Hulle sê “Kom by” maar hy kom nie by nie Hy’s nie die tipe ou wat meisies verlei nie En hy’s ’n brandewyn weg van beautiful ’n Brandewyn weg van beautiful vanaand Na sy derde dubbel begin die man steier En al sy versoeke word onmiddelik geweier As dit so begin raak moet jy al jou moed bymekaarmaak Hy trek ’n blondekop nader en sê “Luister hier : Ek’s die tipe ou wat sorg vir ure se plesier” Sy dink dis ’n leuen, of hy trek maar net haar been Want hy’s alweer alleen Hy’s die tipe ou teen wie jou ma jou waarsku Hy drink sy kitspersoonlikheid Hy is ’n bietjie menssku En vir sy volgende toertjie gaan hy nooit weer dans nie