Danie Botha - O Ek Glo lyrics

Published

0 213 0

Danie Botha - O Ek Glo lyrics

O ek glo, ja ek weet Jesus lewe Aan die kruishout het hy ons skuld vergewe Hy betaal met Sy bloed ja Sy Lewe Sodat ons ook kan leef in die krag van Sy naam Hy gee wysheid, die kennis en vreugde Vir die mens wat in nederigheid voor hom neerbuig Kom en leef nou oorwinnend in Jesus En aanvaar net jou skuld is volkoom klaar betaal Kom ons loof Hom nou saam, hef op jou hande in sy naam Daar is krag wonder krag net in Jesus Kom ons prys Hom tesaam, kom ons besing Jesus se naam Daar is krag wonder krag net in Hom Hy vergewe elkeen wat Hom aanroep Hy bevry die wat Sy naam bely Kom ons loof Hom nou saam Hy's die Here Hy't betaal met Sy bloed ons is vry in Jesus naam Hy't die dood vir on oorwin ja Hy het 'n naam bo elke naam Daar is krag, wonder krag net in Jesus Kom ons prys Hom nou saam kom ons besing die Koning se naam Daar is krag wonder krag net in Hom Ons was dood in ons stryd teen die sonde Maar Hy kom en Betaal dit vir jou, en vir my O ek glo, ja ek weet Jesus lewe As oorwinaar het Hy uit die dood opgestaan Hy regeer, Hy regeer Elke tong sal bely, Jesus leef, Jesus leef Elke knie sal moet buig, ja Hy leef, ja Hy leef! ~~~~