Coenie De Villiers - Zen lyrics

Published

0 203 0

Coenie De Villiers - Zen lyrics

Haar oë is bruin amandels Haar hare swart soos wier Sy skryf vir my 'n haikoe Met 'n kwas op wit papier Haar mond is 'n rooi papawer Haar tande wit en klein Haar voete en haar hande Is wit soos porselein Die draak op haar kimono Is al wat sy besit "Ek het niks, en niks het my nie" sê sy wat eenkant sit Sy's 'n raaisel sonder antwoord Sy's onmoontlik om te ken Sy's die weerkaatsing in 'n spieël Sy's onmiskenbaar zen Haar vel is glad soos marmer Die kleur van neutmuskaat Haar glimlag is onpeilbaar Sonder liefde, sonder haat Sy lees die Kama Sutra En lag dan in haar mou Sê - as jy daarna uitvra - "Ek kon as ek net wou" Ek vermoed haar naam is Lotus Maar wie sal werklik weet? Sy lag as mens haar uitvra Sê sy't haar naam vergeet Sy's 'n raaisel sonder antwoord Sy's onmoontlik om te ken Sy's die weerkaatsing in 'n spieël Sy's onmiskenbaar zen