Coenie De Villiers - Ondanks Alles lyrics

Published

0 341 0

Coenie De Villiers - Ondanks Alles lyrics

As die virus in my lyf My laat boet vir sy verblyf En my klein maak, krom en broos Is jy nog daar om my te troos? As my pas wou stadig word En jy weet my lewe's kort As jy die tekens aan my lees Sou jy nog daar vir my kon wees? Ondanks alles... Dan sou ek, bevry, vir oulaas My vlerke sprei My van alle bande losmaak En ondanks alles by jou bly As die virus in my lyf My laat boet vir sy verblyf As my kragte daagliks taan Sal jy steeds langs my bly staan? As my glimlag stilweg kwyn En my stem oplaas verdwyn As die mense my vermy Sou jy steeds by my kon bly? Ondanks alles... Dan sou ek, bevry, vir oulaas My vlerke sprei My van alle bande losmaak En ondanks alles by jou bly As die virus in my lyf My laat boet vir sy verblyf As my oë vir oulaas sluit Bly jy die skipper van my skuit Sal jy steeds by my kon bly? Ondanks alles...