Coenie De Villiers - Niemandsland lyrics

Published

0 215 0

Coenie De Villiers - Niemandsland lyrics

Jou reëls kan my nie bind nie Ek's 'n bedoeïen op reis Geen status maak meer saak nie Want die wêreld is my huis In my Niemandsland is almal vry Word grense geïgnoreer Word elk' burokraat bloot afgelag sonder teëspraak of verweer Ek's 'n burger van die wêreld Ek bewoon 'n Niemandsland Sonder wette, sonder grense, Ek's aan elke mens verwant Ek's Sjinees, Kubaans en Russies - my paspoort is verpand maak nie saak van waar jy kyk nie: ek bly aan die ander kant in my Niemandsland Vandag is ek 'n Arabier Selfs 'n wandelende Jood Waar ek woon is daar geen oorlog nie Elke kind het melk en brood Daar's geen regbank waar ek woon nie, en geen oordeel hier wat geld nie Daar's geen koerante wat met nydigheid Elke oortreding meld nie Ek's 'n burger van die wêreld Ek bewoon 'n Niemandsland Sonder wette, sonder grense, Ek's aan elke mens verwant Ek's Sjinees, Kubaans en Russies - my paspoort is verpand maak nie saak van waar jy kyk nie: ek bly aan die ander kant in my Niemandsland Hier kan ek my mantel draai Doen waarna ek voel Doen waarvoor ek lus het Sonder meesterplan of doel