Ek weet nie wat dit is nie maar daar's tog iets wat my pla in die wyse waarop sy amper perfek haar bates dra op die oog af kan ek werklikwaar geen foute by haar vind nie: maar skoonheid het die neiging om mens lelik te verblind - my Venus Ek dink dit is die sterre in haar oë wat my pla die wyse waarop sy byna konstant 'n glinster dra; Op die oog af lyk sy vriendelik en self ook liefdevol maar somtyds wil dit lyk of daar 'n kilheid in haar stol - my Venus (koor) Deur haar mooi getooide venster nooi sy my om 'n porsie van haar vreugde te kom kry en dan moet ek met mening teen haar stry: my Venus Daar's iets in daardie glimlag wat my sinne erg versteur haar lippe is te duidelik te perfek en rooi grimeer Ek wens ek kon my vinger sonder twyfel daarop lê ja, ek wens ek het geweet wat sy eintelik graag wil hê - my Venus (koor) Daar's iets omtrent haar wese wat beslis net nie will klop nie; 'n ongemak en houding wat 'n mens maar nie kan fop nie Wat kyk, want kyk: Sy's 'n winkelvensterpop (my Venus ...)