Coenie De Villiers - Donkerlig lyrics

Published

0 112 0

Coenie De Villiers - Donkerlig lyrics

en teen die môre lê net die kreukels in my laken en ek met aktetas bewapen erken die weerkaatsing van my oë se pyn in die ruitglas van 'n voorsteed'like trein my vriend jy wat dink die donker bedrieg kom laat ek jou wys hoe die lig kan lieg die lig kan lieg want niemand is veilig teen die tyd nie sy bitter wraak sy wredenheid nie glo wat jy wil maar hoor wat ek sê jou lewe se loop word bepaal deur hoe die dobbelsteen deur hoe die dobbelsteen lê want dis 'n mite dat een mens ooit 'n ander mens kan aanhou die wiel sal eendag kantel in die guns van die man wat kon weet waar die waarheid lê wat die teendeel kon glo en verwerk wat die wetboek sê my vriend jy wat dink die donker bedrieg kom laat ek jou wys hoe die lig kan lieg die lig kan lieg want niemand is veilig teen die tyd nie sy bitter wraak sy wredenheid nie glo wat jy wil maar hoor wat ek sê jou lewe se loop word bepaal deur hoe die dobbelsteen deur hoe die dobbelsteen lê