Coenie De Villiers - Toe Ek Nog Maar lyrics

Published

0 234 0

Coenie De Villiers - Toe Ek Nog Maar lyrics

Toe ek nog maar 'n kind was was die wêreld skoon en oop; was seisone almal somer, het die jare stil verloop Toe ek nog maar 'n kind was was lemoene soet soos stroop; kon mens met net drie klippies 'n koets met perde koop (koor) Die dae was lank en warm en die nagte vol van hoop dat jy anderkant die môre weer kaalvoet sou kon loop Maar nou, nou is ek ouer en die son word elke dag kouer Daarom bly ek hier by jou waar jy my vas teen jou kan hou en ek weer, vir net 'n oomblik, kind kan wees Toe ek nog maar 'n kind was was die maan 'n silwer bal wat silwerblink en stadig deur die donker hemel val Toe ek nog maar 'n kind was was daar dorings in my voet en ek verstaan eers jare later wat beteken daardie bloed (koor)