Sawens as die son gaan lê en ek klop-klop aan jou kluis word jou asem straks die suidewind, die see se sout geruis Smôrens word jy wakker en jou glimlag sê jy weet van die nag se soet geheime, die donkerte se sweet (koor) Hoe vertel mens aan'n blinde hoe lyk die lug se blou; Hoe bring 'n somber kardinaal 'm sondaar tot berou; Hoe sê mens dit eenvoudig dat selfs jy dit sal onthou Hoe sê mens sonder teëspraak dat ek baie, baie van jou hou Snags word ek ontdekker, proe die skulpe aan jou kus in jou soetste alikreukel kom ek eindelik tot rus En ounag, as die duister nogvir oulaas donker is verken ek graag 'n ander land; jou kontoere met my hand (koor) Hoe vertel mens aan 'n dowe hoe klink 'n madrigaal; Hoe weet 'n nuwe minnaar dat die liefde dikwels faal; Hoe sê mens dit eenvoudig dat selfs jy dit sal onthou Hoe sê mens sonder teëspraak dat ek baie, baie van jou hou