(from the album booklet) Tydens die Anglo-Boere-oorlog het 1737 mense in die Bethulie konsentrasiekamp gesterf. Die meeste van hulle was vroue en kinders. Ek ken van kleins af die geskiedenis. Die name van my voorsate is hier opgeteken, asook die famalieplase in die Bethulie distrik. Al het die teks net ruimte vir 'n paar van die kinders se name, gedenk die snit almal wat in die kampkerkhof lê.