Chris Chameleon - Taal van die Liefde lyrics

Published

0 103 0

Chris Chameleon - Taal van die Liefde lyrics

My taal die word nie meer gepraat nie Ek hoor haar klank nie meer op straat nie Sy word aan bande Gele dis seker Oor die skande Van haar sprekers My hart het in my taal groot geword Daarsonder skiet my gevoel te kort My leed en hoop in klank vervat Die melodie van haar woordeskat En as ek droom Dan droom ek in my taal En as ek saans voor ek gaan slaap Met my god praat dan praat ek in my taal Hy verstaan Die verlede eis nog steeds sy tol Hande met die bloed van onskuld vol As die toekoms breek onthul die oostergloor Die nag van vereffening het dalk n taal vermoor As heel die wereld een taal praat Tot net een uitdrukking in staat Die klank en kleur van elke mens Deur die eggo van n enkele lied begrens Dan sal ek droom Dan droom ek in my taal En as ek saans voor ek gaan slaap Met my god praat dan praat ek in my taal Hy verstaan En wanneer ons nie meer kan praat nie En gesprek nie meer by spraak kan baat nie Dan sien ek in jou oe die taal Wat al wat n mens is kan verstaan Dan sal ek droom Dan droom ek in my taal En as ek saans voor ek gaan slaap Met my god praat dan praat ek in my taal Hy verstaan