Chris Chameleon - Om te Verdaag lyrics

Published

0 74 0

Chris Chameleon - Om te Verdaag lyrics

Donker nag en dit was laat Sy het my wakker gemaak En gese: ek moet hier ver weg gaan Ek kan nie meer in vrees lewe nie Ek kan nie meer agter die toe deure nie En my huis het in n tronk ontaard En kom jy saam Of laat jy my jou verlaat En sy se: Ek het jou lief En al die vrugte van my bestaan Is joune as jy saam Sal kom kan ons opnuut begin Voor ons alles en mekaar verloor Kom ons begin elders van voor Ek het gevra dat sy moet wag Wag op n nuwe dag Dat ek oor my antwoord kan besin Toe die afrika oggend in die ooste breek Het ek my antwoord goed geweet En met sorg in my hart lig ek haar toe in Ons almal weet Die waarheid maak soms seer En ek se: Ek het jou lief En al die vrugte van my bestaan Is joune maar ek kan nie saam weggaan nie Sonder my wortels in die grond Waarvandaan ek kom Kan ek nie vrugte dra nie Ek kan nie doen wat jy my vra nie Sy se toe vir my: Dan moet jy alleen hier bly Hierdie land het ons liefde verongeluk Hierdie land is my moeder en my pa En my beminde