Chris Chameleon - Eiland lyrics

Published

0 166 0

Chris Chameleon - Eiland lyrics

Op hierdie rots Van stof en beton En aalwyn a**egaai En die groot groot son Dobber ons op Ons eie eilande rond Met voete vas in die sand geanker Ontkom ons nie die sleur van die branders Nie al is ons te lande In lief en leed Se diep diep see Jy op jou eiland Ek op my eiland Elk op n stukkie klip Klippie in die see Van lief en leed En af en toe kom n skip verby Belofte van verlossing Uit die eensaamheid Van ons gedeelde hoedanigheid En as ons waag om aan boord te gaan Vandaar ons saam Verlaat op die maat Van die groot oseaan Verlang ons terug na ons heenkome Jy op jou eiland Ek op my eiland Elk op n stukkie klip Klippie in die see Van lief en leed En soms as die storms om ons draai Waai die winde die klank van ons wense Ons begeerte na mekaar Soos die hunkering van alle mense Mag die see ons meesleur In haar arms sal ons verkeer Jy op jou eiland Ek op my eiland Elk op n stukkie klip Klippie in die see Van lief en leed