Chris Chameleon - Altyd Tuis lyrics

Published

0 130 0

Chris Chameleon - Altyd Tuis lyrics

Soekend het ek ver geloop My kop en oe wawyd oop Neus ewig in die wind gerig Op my pad na gister en terug My land le iewers om die hart van my Haar eggos bly my altyd by En telkens as ek ta**e pak Vat ek my land saam hier in my hart En wanneer ek die lang pad vat in my soeke na wie weet wat En waar ek ookal vraend reis Die antwoord kry ek Altyd tuis Die aard van my geskiedenis Wat weer en weereens herskryf is Le stof en gaar in biblioteek En oor monumente stil gebreek Ek kyk vir tekens waar ek gaan Dat my mense ooit weer op sal staan Van ons verlede goed genees Om in die hede weer heel te wees En wanneer ek die lang pad vat in my soeke na wie weet wat En waar ek ookal vraend reis Die antwoord kry ek Altyd tuis En as ek kyk hoe lyk ons nou En my wat ons was laat onthou Sien ek in al ons handeling Die enigste sekerheid is verandering En wanneer ek die lang pad vat in my soeke na wie weet wat En waar ek ookal vraend reis Die antwoord kry ek Altyd tuis