Chris Chameleon - Soen lyrics

Published

0 161 0

Chris Chameleon - Soen lyrics

Kan jy my van nou die aand onthou? Want ek onthou jou! Kan ek jou met my geheim vertrou? Kan jy geheime hou? Ek het jou gesien en sedertien Wil ek jou weer sien want Jy's die vergestalting van my mooiste drome Nou't ek jou nommer en wil jou bel Dalk moet ek eers tot tien tel! En ek wonder hoe ek dit moet stel Hoe sal ek dit dan vertel? Ek begin te bloos nog voor ek kan praat O! rooigesig verraad! Want jy's die vergestalting van my mooiste drome En ek stotter as ek met jou praat en my stem breek En ek vrees dat jy dalk my gedagtes kan lees Want ten spyte daarvan dat ek my beskaafd voordoen Wil ek jou eintlik net gryp en jou soen Jy't gedink dis vreemd dat ek jou bel Ek was bly jy't opgetel Jy't ingestem om uit te gaan En ek was oor die maan Ek kon my groot geluk nie glo Iemand hou van my daarbo Want jy's die vergestalting van my wildste drome Toe't ek jou met die rooi motor gaan haal Blink vosperd met n nuwe saal Met n bos vol blomme voor jou deur kom staan Uitgevat en oorgehaal Maar toe jy daai deur oopmaak Het ek amper agteroor geval Want jy's die vergestalting van my mooiste drome