Chris Chameleon - Laaste Baklei lyrics

Published

0 116 0

Chris Chameleon - Laaste Baklei lyrics

Ek hoor die voels fluit en ek merk dat die son skyn Doof hul uit, laat die lig verdwyn Middernag kom helder oordag en woon in my Ons laaste baklei – ek en jy Die buurhond blaf, kinders raas in die straat Maar my siel het die buurt en my lyf lankal verlaat Ek neem nie notisie nie nie van enigiets nie Sedert ons laaste baklei – ek en jy En die blare skarrel voor die wind doelloos rond My verwoorde gedagtes verdor in my mond Waar my hart ook vlug sleep herinnering hom terug Na ons laaste baklei – ek en jy Ek het nooit gedink dit gaan n paradys wees nie Ek het nie verwag dit moet sonder n prys wees nie Weet al lankal n groot les kan jy nie klein leer nie Maar ek het nooit gedink dit maak so seer nie En dis laat en die huis staan leeg En my hart loop hom vas in n doodloopsteeg Basuin my geheim uit o kriekekoor Die skreiende feit dat ek jou verloor.