Chris Chameleon - Klein Klein Jakkalsies lyrics

Published

0 296 0

Chris Chameleon - Klein Klein Jakkalsies lyrics

Klein klein jakkalsies krap En daai klein klein jakkalsies maak Dat ek in my stoel rondkrioel Is dit hoe n broek vol miere voel? In die begin was als piekfyn Was ek jou doring jy my rosie En ons saam in die maanskyn Maar toe die nugter oggend breek Kom ons agter dat rose verlep En dorings seer kan steek As dingetjies krap en irriteer Se die kopdokter daar skeel Buiten dit wat jy sien soveel meer Hy se dit sal help as ons twee praat Maar sodra die tonge loskom Raak ons weer vir mekaar kwaad Hul se daar kom n drie jaar kramp En as n mens dit net verby kan kom Staan jy daarna altyd in dieselfde kamp Maar wat gemaak met n sesweek pyn Dis mos soos mis wat verdwyn Nog voor die oggendson kan skyn