Chris Chameleon - Epiloog lyrics

Published

0 77 0

Chris Chameleon - Epiloog lyrics

As die pyn en al die leed Deur die pleister van tyd genees En as die lag en lof in herinnering verdof En as die rougeklaag Mettertyd vervaag En as die jubelklank Verswelg deur die swanesang As die aande op die strand En ons wandelinge hand aan hand In die branders van tyd verspoel Soos ons spore in die sand Tot die reis op die lang lang pad Bestemmingloos verloop my skat En op die warm swart lint Ons die toekoms nie meer kan vind As een, alleen Betree ons elk die wereld Alleen gaan ons uit Elk op sy bestemde tyd Verniet verniet Die geskater en verdriet Wanneer die na-nag kom En ons sterretjie verskiet… Sal ek my nooit die genot Of die gawe wou ontse Om ooit bemin te word Of lief te he nie!