Chris Chameleon - Ek Dink Ek Hou Nog van Jou lyrics

Published

0 153 0

Chris Chameleon - Ek Dink Ek Hou Nog van Jou lyrics

Vannand wil ek nie terug huistoe gaan nie Kan ons oorverdowende swye nie verdra nie Die stilte wat met n storm begin het En van daar net wyer uitgekring het Ek moet bieg ek het dit nooit sien kom nie En die lot kyk vooruit draai ooit om nie Nie soos ons wat net die verlede gewaar En soos sy wederhelf in sout verstar En ek dink ek hou nog van jou En hou jy nog van my? En kan jy nog onthou Waarom ons dan baklei? Weet nooit waar sulke dinge begin nie En dit maak ook eintlik nooit regtig sin nie Dalk begin dit met net een woord Wat in die mond van liefde nie tuishoort En verdraagsaamheid onwetend die prooi Na die maal van die toorn uitgenooi Om gegysel dan as ketter te brand Vir die losprys van beginsel verpand