Bouwer Bosch - (K)anker lyrics

Published

0 370 0

Bouwer Bosch - (K)anker lyrics

Liewe vader die lewe kruip nader Jy't 'n engel wat oor jou kyk Jy is sterker as die dood se hande Sy is mens met haar vlerke wyd Ek ken jou goed jy is die een wat aanhou Sy staan by jou soos 'n standbeeld vas My held is gewond en ek weet hy kan oorleef Maar dit is nie in my hande nie Dit voel onregverdig Maar wie's ek om dit te sê Dis genade wat ek hier wil hê Ek kry nie woorde om te sê hoe ek voel nie Die trane in jou oë help my ook nie Ons huis is sterk hy is gebou vir oorlog Dis net omdat jy die fondament is My held is gewond en ek weet hy kan oorleef Maar dit is nie in my hande nie Dit voel onregverdig Maar wie's ek om dit te sê Dis genade wat ek hier wil hê Was ek net jonk en idealisties om te glo dat als pas presies in patrone op 'n oopgevoude bloudruk realisties moet ek toegee dat ek self nog nooit daai lyne kon begryp nie ek swyg maar deur die eindelose vraagtekens dit lyk nie asof enige iemand doen nie ons sukkel met die plan laas jaar het my beste vriend van 'n dak afgeval in Japan hy't sy nek gebreek en doodgegeaan in 'n verre vreemde land en ek voel ons lewens is maar net vingers half vol sand maar in die nagte as dit stil is hoor ek soms die stem van God en in Sy aangesig sien ek my eie hart en hoe dit vrot maar ek voel ook sonder twyfel onmeetbare liefde van 'n Vader en dis dan juis fokken dan wat ek weer glo in genade My held is gewond en ek weet hy kan oorleef Maar dit is nie in my hande nie Dit voel onregverdig Maar wie's ek om dit te sê Dis genade wat ek hier wil hê