soos kanker neem dit alles oor ons is dalk net ietwat te laat maar betyds om nog toneel te speel chemiese wanbalans net 'n kneldemper laat maar my besluite aan iemand anders oor jy weet mos beter ek verstaan die son skyn dan by jou fokken poephol uit dit is nie 'n noodtoestand nie voel effens nutteloos moes myself maar ongeskik verklaar gevaar was die jong man se middelnaam miskien pas ek net nou te stadig aan
jy weet mos beter ek verstaan die son en maan sal sonder jou opkom wat jy ken sal jou versmoor red my voor ek oud en bitter word ek voel nog die vuur maar vervloekte voete draf nie eers meer nie kry jou kake van my enkels af my foute is gemaak en ek sal nou daaruit moet leer ons almal soek net iets wat mooi is iets veilig om langs in te kruip