Ek soek nie na die plek Sonder reëls nie Ek soek net na die plek Sonder doellose grense Dis nie asof ek nie omgee nie Maar ek gee net om Oor dit wat saak maak Daar's so baie goed wat saak maak En daar's so baie idees wat in mense se gedagtes brand Waarvan niemand ooit sal weet nie Daar's so baie goed wat saak maak En daar's so baie idees wat in mense se gedagtes brand Waarvan niemand ooit sal weet nie En ek sal jou so graag wil vertel van die plekke Wat ek in my gedagtes sien Maar dis nie plekke wat bestaan uit wind en water en vuur en sand nie Dit bestaan nie uit wind en water en vuur en sand nie Somtyds voel my drome So nutteloos Maar so baie drome Gaan verder As die sterre En het jy al ooit gedink Hoe groot is ons wêreld As jy ons almal se drome aanmekaar weef Want daar's so baie mense wat wegkruip
En daar's so baie drome Wat middeldeur breek Want daar's so baie mense wat wegkruip En daar's so baie drome Wat middeldeur breek Ek sou jou so baie graag wou vertel Van die plekke wat ek in my gedagtes sien Want dis nie plekke wat bestaan uit wind en water en vuur en sand nie Dit bestaan nie uit wind en water en vuur en sand nie En somtyds voel ek net so hulpeloos Ek voel hulpeloos En somtyds voel ek net so hulpeloos Ek voel hulpeloos Hulpeloos Ek sou jou so graag wou vertel van die plekke Wat ek in my gedagtes sien Want dis nie plekke wat bestaan uit wind en water en vuur en sand nie Dit bestaan nie uit wind en water en vuur en sand nie En ek sou so graag wou hê Dat jy moet sien hoe lyk die woorde wat jy sê Wanneer hulle met my gedagtes speel