Splinterson kom sny aan my drome En herhinder my om nie nou Van als te vergeet nie Ek het nege rigtings reg In die middel van my hart Nege rigtings sterk Maar wie se dis nie verkeerd nie Nege rigtings weg Van hierdie plek af Ek wens ek het geweet Watter een om te vat (Chorus) Hoekom moes jy aan my hart kom sny As jy nie eens deel van my drome wou wees nie? Soms moet jy vrede maak met antwoordlose vrae Anders mag jy dalk nooit tevrede wees nie Met 'n traan het jou glimlag deur my vingers gegly
En meteens het ek geweet, die seisoen is verby Maar keer op keer buite gekom met 'n hart wat dringend klop Aan jou voordeur terwyl ek weet Jy maak dalk nie oop nie Maar ek het nog altyd geglo Vir vertroue is niks te groot nie So daar is nie 'n rede Om die omstandighede te vrees nie (Chorus x 2) Ons lewe in 'n wereld van uiterstes Wat deurlopend sonder ophou Met mekaar in stryd is Opsoek na die balans wat altyd bly ontwyk