Ons is nie die stigters van gister se bewegings nie en Ons is nie die resultaat van ongegronde koue haat nie Ons is die weergalming van hol klanke met vol simbole en Ons is waarskynlik nie wat jy verwag nie (Chorus) Ons is die pleidooi vir 'n nuwe kans net soos die oe wat deur jou staar Ons is die soeke na 'n antwoord ons is die vraag Ons is die hoopvolles wat nie ophou glo in die nuwe dag nie Ons is nie wat jy verwag nie Ons is nie die storm nie
Ons is die rekenskap en die opruim daarna Ons is nie die vegters nie Ons is die vuurige verdediging van die vrede Ons is die melodie op soek na woorde wat reg laat geskied Ons is waarskynlik nie wat jy verwag nie (Chorus) As jy ons nie glo nie, gaan dan maar jou gang Ons luister na die krete van ons vryheids gesang en As jy ons nie hoor nie, draai die ander wang Want ons luister na, ons is die draers van, ons sing 'n nuwe gesang (Chorus)