Ek is nie doodseker nie Maar ek dink dis nou die sesde of sewende aand in ’n ry Wat ek myself in ’n koma in gaan suip Onthou jy daai keer toe ons die tyre moes ruil in die stormreën En ek binne-in jou was toe die son opkom Daai somer vakansie by die see As ek nie optel nie Mis my net Want ek sal dalk later die motorfiets vat en net ry Weet nie of ek sal terugkyk nie
Sal seker moet stop Vir petrol Vir petrol en ’n dop Ek hoop die tyd vee ons heeltemaal uit Ek’s gebore aan die Ooste-rand In ’n straat wat net soos ander lyk In die kerkbanke groot geword Anders as jy Verewig in ’n ry gestaan Verward, jonk en rigtingloos Alles aan toeval oorgelaat Nes jy Mekaar gevind onder neonlig Liggelowiges Verblind Verbind