Lag, lag soos wat net jy kan, vir dinge wat min verstaan Hou jou hand voor jou mond, totdat alle emosie vergaan Hou die trane terug, dit was die kleure af. Verduur, verduur die glimlag vriend, dit sal jou binnekort verslaan. Ons heupe vas, geraamtes dol, tree die tree wat tel Dis die stille plek, waar ons stories kan oorvertel. Kom kom verheerlik die beton, die beton oerwoud agtergrond
Kom sukkel, sukkel saam, kom vrees die hoogtes Kom tree nou aan by ‘n eenheidsfront Verduur, verduur die glimlag vriend, dit sal jou binnekort verslaan. Volg, volg my staaltjies ons kan die afgrond saam travers Sleep net oop met rooi vlae hoog geloofskleed swart kombers Kripties lei ek jou deur als plesierig, lig vermom.