‘n Versie verduidelik ‘n visie wat praat Van 21 skotvrye stemme, hartseer en effens kwaad ‘n storie vertel van ‘n boodskap wat lui: "verteenwoordig my". Verheerlik onafhanklikheid en groet met hande toe Draai weg van konserwatiewes en vra nou hoe Mense verheerlik honderd denke wat verwys na ‘n oorwinning sonder prys. ‘n Subkultuur van tekens, ‘n groepie sonder naam. ‘n Natuurlike verskynsel, ‘n stigma wat vergaan En verstaan van die
betekenis van klanke wat sing: "wie sal verlossing bring?" Verheerlik onafhanklikheid en groet met hande toe Draai weg van konserwatiewes en vra nou hoe Mense verheerlik honderd denke wat verwys na ‘n oorwinning sonder prys. Welkom my naamgenant die ontmoeting is ‘n eer Ek groet met ‘n glimlag, van jou onsekerheid bekeer. Ek wroeg, en ek veg, en ek skree vir ‘n kans ‘n kinderboekprentjie, ‘n foto na dans.