Heiden Heiland Heiden Heiland 'n klapsoen het my onkant gevang my lewer mis ons tye saam 'n neofiet van neongeaard verdierlik losbandig nadoodse ondersoek sou bepaal vals hoop vals tande vals hart vermy vir my vermy vir my in 'n monochroom diskoteek het ek my een voet in die graf gesteek die troukoors is so dik dis tasbaar dit laat my nekhare rys jy wil nie nie nou nie ek wil jou ys breek maar jou water wil nie stol nie "jy was 'n kind en al die helder wete van bloed en maagdelikheid was eenmaal in jou oe" * onbevlek en half bewusteloos vergewe my my doodgeid maar al die ouens lyk half skeef hier ek wil nie op die dansbaan broeknaai nie my lotus my roos my vingers sny deur jou dorings
ek wil jou seermaak en ek wil seerkry vermy vir my vermy vir my 'n meteoriese reis na die noorderlig 'n valskerm vir ingeval ons spring dis ver en ons tuig is aanmekaar geslaan lukraak aanmekaar geslaan ek wil nie uitbrand nie jy't op my gemors en nie jammer gese nie en ek was 'n kind en al die helder wete van bloed en maagdelikheid bly eenmaal in my oe ek soek myself het jy hom dalk gesien? hy's 'n paar jaar jonger en sy hare is korter hy dink nie dat daar iemand is wat hom agtervolg nie jy ken my nie vir lank nie daar is nog niks wat jy verkeerd kon doen nie en jy was 'n kind en al die helder wete van bloed en maagdelikheid bly altyd in jou oe * NP van Wyk Louw