Daar is vrees in my pa se oë Sy gewete brand soos tyres ’N rooksein na daarbo Ons is almal in dieselfde boot Vasgeketting aan die aarde En ons fok net voort Dinge verander Dinge verander Dinge verander nie Waar bly jy? Jy bly stil Wat sê jy? Sukkel om jou te hoor Bo die kakofonie Deur die ligbesoedeling Sukkel ek om jou te sien Selfs met die Selfmedikasie Daar is hoop In my ma se hart Haar gebede soos ’n swerm ’N noodkreet na daarbo
Almal in dieselfde boot Vasgeketting aanmekaar En ons fok net voort Mense verander Mense verander Maar jesus nooit Jissis, party dae voel’it vir my asof ek dit nie gaan maak nie En dan kan ek nie verstaan hoekom jy vir my kwaad raak nie Hoekom ek nie kan onthou om die bed weer op te maak nie Hoekom ek bang is iemand breek in terwyl ek nie daar is nie Waar bly jy? In bellville Waar’s dit? Dis daar langs die n1 naby durbanville