O, hel Hel is om alleen te wees Hel is om mekaar te vrees Hel is om oud te raak en om genadedood te smeek Wrakke wat wag Soos skepe in die nag Om buite te wees Dis beter om buite te wees Beter as binne waar goed kan breek Dis beter om buite jouself te wees Uiteindelik kompos Ons stoot die daisies op Neem kamer temperatuur aan Waarheen het die tyd gegaan? Ja, die aarde is my graf Geboue my grafsteen Ek het ontstaan met die skepping
Ja, ek is in elkeen Ons gaan in rye staan Burokratiese hiernamaals O, hel Hel is om kwaad te gaan slaap Hel is haat koester in jou hart Haat kruip kanker Sluip serpentyn Gaan my kop teen die stuurwiel stukkend kap Voor die hemelpoorte opgaan Gaan ons in rye staan Wrakke wat wag Soos skepe in die nag Die lig gebring Die pad gewys Ons leer sing Ons leer skryf Hy is in jou Hy is in my Die duiwel is in die details