As ons skip aankom Dan brand ons dit af Ek sal dan bly lê en slaap Die hele ongoddelike dag Ek hoop jy dink nog ek is cool Ek het sleg gevoel Toe vergeet ek daarvan Jy lyk goed Ek was verlore Nou’s ek deurmekaar Jy lyk nog steeds goed Ek hoop jy dink nog ek is cool Want ek voel lekker fukt-up Weer vasgevang in die voorstede Net nog een van die ma**a histerie Ry elke dag verby waar die tiekiebokse was Ons was lekker fukt-up Ons was hart Ons was roes Ons was herfsblare Ons was lippe Ons was blomme
Ons was gloei Ons was aande na home cell Ons was kick flip by die trappe af na koffiekroeg Ons was punk-rock by danie uys park Nou net ’n knik in die supermark Groet Ek wil dit nie erken nie Het niks om vir jou te sê nie, maar Ek hoop jy dink nog ek is cool Stap verby waar jou pa homself geskiet het By die motorhuis waar sy haar kinders vergas het Ons is lekker fokn fukt In die voorstede Probeer die gruwel van ons kinderdae Herleef deur ons kinders daar In die voorstede Ons is lekker fukt-up