Ek staan op Ek voel dom Fout om in die spieël te kyk Probeer myself vermom Sit met my oorfone op Om ander mense te vermy Herhaling kalmeer my Dis amper verby Alles verby Dis amper verby Probeer om positief te bly Die spookpyne in my bors Asem in Asem uit Belowe jou Belowe jy my Dat jy sal probeer om beter te verstaan?
As jy iets het om te sê Jy jou mond oop sal maak? Dan sal ek probeer om myself minder te haat Want ek het myself En ons Al genoeg skade gemaak Trek al die laaste krag Uit daai laaste trek uit Weet dis sleg vir my Ek hoop hierdie dag Gaan vinniger verby Vergulde geraamtes Ons is net vleis Alles Vir altyd