Ontsnap vanaand na die wilde kus Daar is ‘n herberg langs die see Jy en jou reisigershart wat volg Kan wegtrek van die seer Sluk weg jou laaste paar sente, kom dans in die reën. Ons fluister vir die weerlig, kan ons die hemel poorte steel? Dan moet ons weghol en gaan vrede soek, in die beloofde land
Gisteraand het ek ‘n plan beraam om jou hart te ontvoer Rooiwyn uitgedeel en baie gelag Jou sensuur is my nuwe hoop Sluk weg jou laaste paar sente, kom dans in die reën. Ons fluister vir die weerlig, kan ons die hemel poorte steel? Dan moet ons weghol en gaan vrede soek, in die beloofde land