Partykeer vloei ek maklik Partykeer skop en skree ek Maar meeste van die tyd skud ek my kop in ongeduld en wonder, toemond, of dit nou die tyd is om iets te sê En soms verdraai jy al die vrae en ek staan weerloos teen die aanslag wat jy op my rig. Kom dans in die vlamme van ons taal. Ons bly in Afrika Ons kan saam sit tot die maan die son wegjaag. Als lyk alles beter, beter in die donker. Skree vir my en wys my jy's nog lewendig. En keer jouself om jou gedagtes te verdoof
en leer jouself om vry te wees. Ek het jou nodig, ons het jou nodig En soms verdraai jy al die vrae en ek staan weerloos teen die aanslag wat jy op my rig. Brandmerk my in die vlamme van ons taal. Ons bly in Afrika Ons kan saam sit tot die maan die son wegjaag. Als lyk alles beter, beter in die donker. Ek plak jou briewe teen my ruite. Ek wens die son kan weer op my skyn. Brandmerk jou woorde teen my lyf. ‘n Brandmerk is my vryspraak teken.