met Karen Zoid
My hart is soos 'n huis
Wat gebou is op 'n rots
Wat uitkyk oor die see
Bo die water se geklots
Hy is gepantser teen die winde
Wat aanstoot teen die kus
Hy beskut sy kamers binne
Word 'n skuiling om in te rus
Mense woon daar in my huis:
'n pa, 'n ma en 'n kind
hulle kyk deur die huis se vensters
word deur die son op die see verblind
Hulle kom en gaan soos mense maar doen
Ja, die huis word soms verwaarloos
Dan maak ek flink die luike oop
Al bied dit weinig troos
Die mense in my huis is soms
selfs argeloos en tog
is ek bly hulle's hier want op 'n manier
is ek aan elke een verknog
Hulle leef in die kamers van my huis
Eet die kos wat ek daagliks berei
Die jaar draai stadig op sy rug
En dan's die seisoen verby
Hulle pak hulle koffers en ta**e
(en) verlaat die huis een-een
en skielik staan die kamers leeg
en weer woon ek alleen