Ek's 'n doogewone ou met 'n doodgewone vrou voor my venster is daar tralies wat sal hou in my erf het ek 'n pitboel met 'n duidelike doel: wie nie hoor sal uitendelik moet voel Daar is doringdraad gespan op elke muur, net waar ek kan daar is ligte en sirenes op my dak Daar's ook tralies voor die deur want wie weet wat kan gebeur wees paraat, ou maat, of jy is in die kak (koor) Ek het twee kinders en 'n tjor en 'n Magnum forty-four elke Sondag braai ek vleis hier in my tuin Ja die toekoms is nou helder
met my vinger op die sneller jy kan kwalik sê 'n mens is trigger-happy Ek het 'n panic bu*ton hier, op my geweer is 'n visier ons is gereed as jy kom lol hier in die nag daar is 'n gaatjie in my deur om flink en vinnig te bespeur wie op die drumpel aan die buitekant dalk wag Ons word gereeld gepatroleer want die buurtwag het geleer: 'n grendel is eenvoudig nie genoeg nie Hulle sê: be safe, be wise, lock your car, immobilise as jy nie môreoggend dalk wil werk toe stap nie! (koor)