Die jeug verblind sy eienaar teen tyd
Die dae bly lank, die horison bly wyd
Daar is veer in elke tred
Daar is buit in elke bed
En die lewe, ongerep en ongelslyt
En dan is daar die jare tussen-in
Dis nie die einde nie, maar ver verby begin
Die impotente vrees
Oor wat nog kom, oor wat sal wees
Word dringend dan die soeke na die sin
En skielik is jy hoogstens nie meer jonk nie
En al soek jy, vind jy nimmer meer die vonk nie
Dis nie meer geld en die vergaar daarvan wat tel nie
Dis nie die liefde of die soek daarna wat kwel nie
Want as jy terugkyk oor die jare van jou lewe
Word die sondes van die vaders tog vergewe
Want hier vanaf die einders van die tyd
Verlos van kommer en van pyn en van verwyt
Bly net die deernis oor, en dis wat jy verstaan:
Dat net die deernis teen die Donker bly bestaan