Om oor die dood te sing is maklk, lief - hy leen hom tot 'n lied Sy musiek is swaar en somber soos net 'n dodemars gebied Die liefde? Wel, wat kan ek sê musiek maak tog meer sin akkoorde vorm maklik wanneer die hart bemin Maar om oor jou te sing is anders die melodie workd skielik stil
die warmte van woorde word onverklaarbaar kil Want daar bestaan geen modulasie wat jou asem kan omskryf nie geen ritme of skandering vir die kurwes van jou lyf nie Ja, retoriek word stom, my lief, en klank moet hom weerhou soos ek - ook woordeloos gelaat - voor die deernis van 'n vrou