Hier is die museum onder ligte, agter glas vertoon hul al waat oorbly van wat eens 'n oerwoud was Hier staan'n enkel wilger wat vir oulaas nog kan treur oor herinnerings aan water waarteen so 'n boom kon beur (koor) Daar was eens miljoene bome Die planeet was immergroen of so het iedereen gedink: kyk wat het die mens gedoen Hier skuil daar bome agter glas, kan 'n kind vir oulaas sien hoe groen die wêreld eerstyds was in die museum se blikkantien Daar leun 'n varing vorentoe
om sy spore te verpsrei hoe kwistig ook sy saad is die oerwoud is verby in hierdie tenk is daar nog wel 'n enkel seebamboes die res is reeds deur diesel of deur olieslik verwoes (koor) En kyk: hier is jou waarlikwaar 'n enkel groen liaan waar hy eens aan 'n taak kon druip het die ander reeds vergaan Hier staan 'n laaste kremetart selfs hy moes swig voor tyd; hulle noem dit toe vooruitgang maar nou noem ons dit spyt (koor)