Ek kan nie slaap vannaand nie Nie na gisteraand nie Nie nadat of sedert ek jou gesien het nie Jou skielike verskyning Was dit bloot net n beswyming? My ontydige hersenskimme… O! kan dit wees dat met die eerste oogopslag Dit liefde kan wees? En glo jy nes ek, net soos n kind
Dat n grootmens dit dalk ook so kan vind? En niks maak sin vandag nie Nie na gisternag nie Toe ek jou daar eers gewaar het Asof daardie oomblik My lewe, in n oogwink, Al my dae tot onsin verklaar Laat die mond oorloop waarvan die hart dan vol is!