Te lank al is ek teruggetrokke Skuil ek in die skadu's waar die son my nie kan bereik nie Te lank al kruip ek nie meer uit die duister huis Waarin ek my dig toegesluit het nie Maar jy het hierdie yster kluis Verbrysel met jou glimlag wat van son gemaak is! Jy gee my vlerke Jy laat my vlieg En ek vlieg op die wieke van die winde Van my wildste drome Vlieg soos n arend uit die nag. Te lank al leef jy sonder hoop
Dat liefde jou weer terug sal vind En lig in jou lewe kan bring Te lank al sien jy nie die weg Die weg wat jou hart vir jou wys Wat lei tot jou bevryding Maar ek sing vir jou n nuwe lied Van drome wat waar kan word En in ligskerwe verskiet Jy het vlerke Jy kan vlieg En jy vlieg op die wieke van die winde Van jou wildste drome Vlieg soos n arend na die son!