As dit lyk soos dit vandag hier lyk En my duister uitkyk nie wil wyk nie Is al wat ek sien swart of is dit dalk net Dat ek die swart in alles sien Is dit nie dan, juis dan dat Ek my sterre dank dat Ek jou het nie? Om n juk te wees, aanstotend steen Is regtig nie iets wat ek graag wil wees nie Maar jy hou vol dat ek welkom is In jou smaak val en boonop aardig is
Ja die donker is n duister ding Waarin n mens nog hond nog haar af maak Maar dis die geringe flikkeringk Wat wanneer kriekies sing Weer sigbaar raak En as ek opkyk en my sterre tel Dan sien ek daarin hoe hul my toekoms voorspel En wat ek in hul vorm en ligging lees Is dat die pad vorentoe voorspoedig gaan wees!