Sit jou hele lewe lank op jou sitvlak n luilak by die huis En al wat jy ken is die reis van die rusbank tot in die kombuis Is jou idee van transport droomland toe op jou matras? En etniese etes in sakkies op die rakkies in jou yskas? As ek se groot natuur sien jy die onkruid op jou gras? En dink jy aan wilde diere as vismotte in jou kas? Het satteliet tv jou bron van avontuur geword? En is jou playstation nou die somtotaal van jou genot?
Het jy gehoor wat het geword van jan tuisbly? Hy het geglo dat hy alles tuis kon kry En onbewus van wat daar is Wat buite sy voordeur skuil het hy Uitgemis op Acapulco, amsterdam, londen en berlyn Phoenix arizona waar die son ook lekker skyn Brussels, delhi, moskou, machu picchu in peru San francisco, shangai en ja, selfs ook timbuktu