Soos n ou horlosie tik-tak teen die muur
In die stilte van my somber huis
Verloor ek in elke minuut by jou n uur
Voel ek my oe breek in hierdie kluis
Van skarlaken
Uit die rooi riviere van my lief-verblinde oe
Drup die sout van die aarde uit my brein
En ten spyte van my vloek en my vertoe
Voel ek my waterwese wegsyfer
In die sand van kennis
En ek dink
En die goed en die sleg is opgeweeg teen mekaar
En raai-raai, die sleg weeg gans te swaar
Uit die mond van die hoorder kom nie n enk'le klank
En ek walg in hierdie stank
In die braak van my wraak
En bevooroordeeld is die naam van profesie
Goudglim liefde staan laggend op uit die see
En ek weet, ek weet want ek's geleer:
N toe hand kan niks ontvang nie
Maar hoef niks te gee
En ek gee, te min en ook soms te veel
Hartlam, wis jy waar my hart is?
En smartlam, wis jy waar my smarte is?
En hartlam, wis jy
Dat ek deur letters vasgebind is
En hartlam wis jy
Daar's n haakspeld in my lip ek is so stom soos n klip
En hartlam, as liefde n klip was
Was ek sand in jou uurglas